Dear Government - Gareth Cliff's Letter To The South African Government

Engela J M Britz
Guest

/ #56 Wake up ANC / Word wakker ANC - en die wereld

2010-10-26 16:37

Mnr Zuma, u moet begin besef dat om kritiseerders na u kantoor te laat ontbied, die media te muilband, die konstitusie te verkrag, bloot die verkragte nalatenskap gaan wees wat die meeste mense in die land (gaan) beleef.
Hoekom word e-posse na u kantoor ongelees verwyder? Omdat ek blank is?
Omdat ek die waarheid praat?
Omdat dit die korrupsie en onvermoee van die regering duidelik uitwys?
Mnr Zuma, kan u my nie ook asseblief na u kantoor toe ontbied nie? Gareth was beleefd teenoor wat ek te se het - beide van ons praat egter die waarheid wat u nie kan hanteer nie. Nie u of enige van u mede-"ampsgenote" nie.
The man who removes a mountain begins by carrying away small stones. (William Faulkner)
Mnr Zuma, die eerste klippie wat u moet verwyder is daardie ongemaklike een in u skoen. Daardie een wat die eelt van korrupsie en blatante swak bestuur elke dag laat dikker word.
Ons vra van u dat ons almal in die land tesame 'n pad moet loop. Een waarin die landsburgers nog die posisie van die president van die land kan respekteer.
Ongelukkig moet ek vir u se dat ek meer respek het vir die meeste boemelaars in hierdie land.
Engela J M Britz